tribuowawydwakker

Die Wawyd Wakker-deurnagmarathon skop op Vrydag 22 Oktober 2021 om 12:00 af en word regstreeks via die Tribuo-fonds se YouTube-kanaal gestroom.

Op Vrydag 22 Oktober 2021 sal ses akteurs en twee aanbieders aanlyn aan ’n 24-uur-marathon deelneem om ’n verhoogstuk ten bate van die Tribuo-fonds te skep.

Cintaine Schutte, Bennie Fourie, Dean-John Smith, Wian Taljaard, Gary Naidoo en Esther von Waltsleben  het reeds bevestig het dat hulle deel van dié produksie sal wees.